Wednesday, December 24, 2008

Geseende Kersfees!

Ek het hierdie gedig so twee jaar terug geskryf en gee dit graag as kerspersent aan mense na aan my...



Kersgedig



Ons het almal al klaar te veel van als

so hierdie Kersfees

Gee ek jou niks



Niks om te dra nie

Niks wat kan pla nie

Niks waaroor jy my hoef uit te vra nie



Ek gee jou niks



Niks te vertoon nie

Niks te verskoon nie

Niks waarvoor jy my hoef te beloon nie



Ek gee jou



Niks wat kan taan nie

Niks wat bestaan nie

Niks wat jy van my hoef te verstaan nie



Ek gee



Niks te behou nie

Niks toe te vertrou nie

Niks waaraan jy my hoef te onthou nie.



Laat daar niks wees

No comments: