Monday, February 9, 2009

Die face book ding en Woes

Sjoe, dankie tog my eksamens is verby! Nog nooit in my lewe het ek so hard geleer vir 'n eksamen nie! Arme Ian en die kinders! Maar nou ja, dit is verby en ek begin die jaar nou eers - in Februarie, net betyds vir my verjaardag so, laat die persente inrol dankie!

Ek het darem intussen met my familie ook gekuier, dis die dat ek nou eers weer skryf. Ek het my boeties Ronnie en Rathla en my sus Marietjie weer gesien, ek sal foto's pos, het my langverlore nig San ook raakgekuier in Ellisras en sy sal nou nooit weer so lank verlore bly nie en toe het my boetie Johann uit Kaapstad ook nog 'n dag of twee se draai hier by my kom maak. Maar ek skryf volgende keer 'n lang artikel oor die family, nou moet ek net eers bieg: Ek kry die facebook ding glad nie lekker reg nie, ek is nou al genooi om vriende te wees met almal, maar my opvangs hier innie bos is van so 'n aard dat ek nie al daardie hugs en beertjies en plantjies en goed kan oopmaak nie en ek oorweeg dit nou al om maar elektroniese selfmoord te pleeg en myself te 'delete' voordat ek vir almal 'n verleentheid word! OK, Ek sal nie, maar wat is die punt?

Waar ek wel heerlik regkom is op woes.co.za waar ek my skryfwerk publiseer. Daar het ek hope pret met almal wat ook daAr skryf en my goed lees en komentaar lewer. Somehow laai woes ook vinniger op en af soos 'n goeie lorrie net voor die truckstop hotel, en ek gebruik nou maar woes as my facebook. Ek skryf onder my voornaam en my nooiensvan, so as julle daar wil gaan lees, doen so en laat my weet julle was daar. En Hannelie Hartman ek wag geduldig vir jou om jouself aan my te openbaar op Woes, want ek is seker jy skryf onder 'n skuilnaam en ek bejeen nou al almal daar met agterdog net ingeval dit dalk jy is! en Waldo Pelser, My thatch-faced-friend dankie dat jy my na Woes toe (ver)gelei het, eks jou ewig dankbaar en ek bly sommer vir NOG sewe-en-twintig met jou vriende daarvoor.

Nou ja, dis al, ek sal nou-nou kyk of ek kan foto's laai, intussen mooi loop julle almal.

P.S. O ja, asb gaan kyk julle almal na my projek op die link hiernaas - The Masakhane Project - en laat my weet as julle ou klere en ander goed het wat julle nie gebruik nie, dat ons daardie mense kan help - dis nie lekker as mens se huis afbrand nie. Vra my, soos julle weet, is ek ook al daardeur! Kyk hoe verwese staan hierdie tweetjies in die puin. (Rathla jr. het nogal hierdie foto geneem!)

p.p.s Die sein is so swak, ek sal weer probeer vir die foto. Sien nou hoekom ek nie so lekker kan facebook nie!

No comments: