Saturday, October 4, 2008

Sketse en digkuns

Ek doen figuurstudies in grafiet met grepe uit my eie of ander se digkuns daarby. Hier is een wat ek laas jaar gedoen het, sy was een van my gunstelinge, maar het ongelukkig/gelukkig baie vinnig verkoop.


Ek noem haar 'die boomvrou' en Die woorde by haar is uit 'n gedig deur Jeane Goosen. Ek hou baie van haar werk. Ek het 'n besonderse gevoel vir bome. Ek dink nie ek sal lekker aard op 'n plek sonder bome nie.
Ek wil verby littekens en woorde groei
ek wil 'n boom wees
een in 'n ry eenderse bome
'n boom sonder woorde
veral sonder woorde ja

No comments: