Tuesday, October 14, 2008

Muse




Hierdie skets het ek laas jaar gedoen en 'n foto vir 'n paar mense gemail. Sy het baie vinnig verkoop nog voor ek haar kon laat raam en ek was nogal spyt omdat dit 'n kombinasie van my en Hannelie se werk was - die woorde is grepe uit 'n gedig geskryf deur my vriendin Hannelie Hartman:


Vir nou is ek jou muse
Uit gister gebore...

Slaaf, prinses, maagd, kind
Sluier om jou verbeelding

Vat my met jou woorde
Dans my op jou sinne

want vandag is ons lovers
en more het ek nie bestaan nie

want vandag is ons lovers
en more ken jy nie my naam nie.

1 comment:

Anonymous said...

Hallo Sonja! Op jou blog afgekom, miskien moet ons maar elektronies begin kuier, lykmy die kanse is beter. Dis te oulik,geluk!... maar nou moet jy eers swot..!!
Hannelie