Hierdie is 'n gedig wat ek geskryf het vir ons boekklub se 'poetry evening'. (Dis nou iets anders as die drama klas se 'poetry evening' waaroor ek vroeer geskryf het, dit kom nog maar daarvoor hoef ek darm nie self te skryf nie!)
Dis nogal bietjie ingewikkeld om te verduidelik hoe dit gewerk het want dit was 'n nogal driedimensionele affere. Of so het ek gehoop! Ek het die gedig op 'n ronde stuk karton geskryf met 'n gat in die middel waardeur ek 'n pen gedruk het. Die gedig het van die rand van die papier af ingespiraal. Ek het begin deur dit teen 'n baie stadige tempo te lees en toe al vinniger, terwyl ek die skyf in die rondte draai. Vanaf 'staan jy verstom' het ek uit my kop opgese, die disk na die gehoor gedraai, al stadiger gelees en die disk al vinniger laat spin tot al die woorde net ge'blur' het. (moenie worry as julle niks hiervan verstaan nie, ek sal dit sommer vir julle opvoer ok?)
ok, ok, ek kon dit nie so vinnig draai dat dit net wit lig is nie, en boonop was dit nogal donker, maar almal het darem vir my hande geklap. (hulle was dalk net bly die onverstaanbare petalje is op 'n einde!) Maar hier is die gedig. Onthou nou dit is in die rondte geskryf eintlik...
Wit Lig
Ons stap die pad
Ons dink ons weet
Waarheen ons gaan
Ons glo
Ons word die pad gewys
So nou draf ons aan - ons moet - hoe anders dan?
Ons is mos verseker ons kom heel aan die anderkant aan
Nog net een dag
Nog net een job
Nog net een deal
Nog net een kans
vir daai groot-groot slag wat jy wil slaan
Nog net een nag
van deurnagdinkendoenendan
staan jy verstom
wanneer dit lyk
of als
in 'n waas
verby jou gaan.
Wednesday, October 1, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment