Saturday, September 20, 2008

Al my goeters.

Ek sal hierdie spasie gebruik om te skryf oor die goed wat ek doen, al gedoen het en nog wil doen. Vir wie dit ookal wil lees. (Dalk net ekself!). Ek gaan die adres vir niemand gee nie, sal dit darm 'link' op die kinders se blog, want as 'n boom nou sou val in 'n woud julle weet...
Anyway. Ek het so 'n paar goed wat ek doen en ek sal oor hulle skryf hier.
Ek bestuur 'n projek. Masakhane. Dis 'n gemeenskapsontwikkelingsprojek. Nee, ek dink nie ek kan die wereld red nie. Of dit selfs 'n beter plek maak nie. Party dae op my projek dink ek ek doen die mense meer skade as goed aan. Wat anders doen jy as jy mense leer lees en skryf en wys hoe om iets te maak sodat hulle skills het om geld mee te maak sodat hulle ook aan die 'American Dream' kan deelneem? Dan, sodra hulle nie meer die hele tyd dink aan waar die volgende kos vandaan gaan kom nie, kan hulle ook begin droom daarvan om skuld te maak by Lubners en Bears en wie weet waar anders mens daardie aaklige 'bedroom suites' en porseleinornamente kan koop.

Ek word darem betaal vir my werk op die projek. Ek dink dit sou oneties wees vir my om so iets verniet te doen. Ek glo nie in al daardie 'doen goeie dade' nie. Ek dink mense wat die hele dag in 'n sink-dorpie vol hoendepoef en boepens-snotneuskinders in die stof werk en dan huis toe gaan en voel hulle is nou 'goed' is dalk 'in touch' met entiteite wat ek nog nie raakgeloop het nie, of hulle is 'uit touch' met realiteit, of albei. Of dalk is ek?

Ek hou van my werk op my projek. Ek hou daarvan om vir ure en ure meetings te he oor hoenders wat gesteel is en die waterlorrie se brieke wat nie werk nie en om op die grond te sit en goed met 'n stok in die sand te teken ter verduideliking. If all of life is indeed a waste of time, dan is hierdie hoe ek my tyd die lekkerste mors.

Wat dink jy?

1 comment:

Anonymous said...

Dis pragtig Sonja. Hou so aan.
Elsbeth